top of page

Independent Examinations Board (IEB) Nasionale Senior Sertifikaat-eksamen 2023



Die Independent Examinations Board (IEB) het 'n algehele slaagsyfer van 98.46% in die 2023 Nasionale Senior Sertifikaat-eksamen (NSS) behaal. Die slaagsyfer is effens hoër as die 2022 NSS slaagsyfer van 98.42%. Alle kandidate wat die IEB 2023 NSS-eksamen geslaag het, het 'n slaagpunt behaal wat goed genoeg is om tersiêre studie op een van die volgende drie vlakke te betree:

  • 88.59% van die groep het toegang tot graadstudie behaal, in vergelyking met89.32% in 2022.

  • 8.31% het vir toegang tot diplomastudie gekwalifiseer, in vergelyking met7.52% in 2022.

  • 1.57% het toegang vir studie op die Hoër Sertifikaat-vlak behaal, dieselfde asdie 1.57% in 2022

 

13 967 voltydse en 1213 deeltydse kandidate, 'n totaal van 15 180 het die IEB NSS-eksamen in Oktober en November 2023 by 275 eksamensentrums geskryf. Dit is meer as die 12 580 voltydse kandidate en 945 deeltydse kandidate, 'n totaal van 13 525 in 2022


4 views

Comments


bottom of page